- Leer hulle om vir die positief in elke negatief te soek, al is dit hóé klein of moeilik.
- Moenie altyd die antwoord gee nie, moedig hul aan om probleme self op te los.
- Help hom met probleemoplossingsvaardighede deur hom te vra vir moontlike opsies.
- Goeie asemhalingstegnieke leer jou kind om te ontspan wanneer stresvolle situasies voorkom. Wanneer ons gespanne is, haal ons kort en vlak asem. Deur dubbel so lank uit te blaas as wat jy inasem, aktiveer jy jou liggaam se natuurlike meganisme om stres te beveg.
- MOEDIG GESONDE LEEFSTYL AAN -Dit help om spanning te verwerk.
Fokus op:
Genoeg Oefening
Goeie eetpatrone
Genoeg slaap
Doelwit-stelling
Tyd vir ontspanning
Ken die tekens
As jou kind dié simptome het, kan stres die oorsaak wees:
- Irritasie, buierigheid en skielike ongehoorsame/rebelse gedrag
- Vatbaarheid vir verkoues en siekte
- Konsentrasieprobleme
- Veranderings in slaap- en eetpatrone
- Minder belangstelling in genotvolle aktiwiteite
- Nagmerries
- Bangheid of benoudheid
- Maag- en hoofpyne
- Naelskou of hare uittrek
- Braking en naarheid
As jy vermoed dat jou kind aan erge stress lei, of paniekaanvalle ervaar, kry onmiddelik mediese aandag. Vir raad oor die hantering van stress, depressive of angstigheid Kontak Ons.